Lewenspraatjies met ’n Dogter

 

Lewenspraatjies met ’n Dogter: ’n Ma se raad oor enigiets, van passie tot sukses

lewenspraatjiesLewenspraatjies met ’n Dogter is ’n versameling lewenslesse – geskryf deur ’n ma aan haar dogter. En hierdie ma weet waarvan sy praat. Die lewe is moeilik genoeg wanneer jy begin om jou plek in die grootmenswêreld te vind. Jy kry skielik met soveel nuwe dinge te doen – alles van jou veranderende liggaam, verhoudings, gevoelens en liefde tot ingewikkelde besluite, beroepskeuses, hartseer en gevaar. Die raad in hierdie boek is prakties en gee aan dogters (van alle ouderdomme) die vaardighede om al die uitdagings wat die lewe bied met grasie en ’n tikkie humor te hanteer.

Izabella Little praat openlik en eerlik uit die diepte van haar hart met dogters en hul ouers. Met insig en sensitiwiteit deel sy haar kosbare kennis en wysheid soos net ’n ma kan wat ook op ’n tyd daar was waar haar dogter nou is. Hierdie boek is toeganklik, op die man – of eerder die vrou! – af en steek die generasiegaping suksesvol oor.

Izabella Little is ’n suksesvolle sakevrou, inspirerende motiveringspreker, amateur-fotograaf en bowenal die ma van ’n tienerdogter. Hoewel haar artikels al in spesialispublikasies verskyn het, is hierdie haar eerste boek wat begin het by briewe aan haar dogter. Sy het besef hoe baie sy al by haar dogter geleer het, hoe baie sy het om met haar dogter te deel en hoe baie waardevolle dinge uit dure ervaring sy haar dogter op haar beurt kon leer. Die briewe vol riglyne vir die lewe wat sy vir haar dogter begin skryf het, het in ’n versameling verander wat saamgevat is in hierdie boek.

Oshun www.oshunbooks.co.za

 
, Get your Websites from only R150pm here!